Dit sluit onder andere die volgende in:
• Eerste dag in Montieland met laerskoolklere en kaalvoet – om die laerskoolstof af te spoel. Die VLR bepaal die ander “bybehore” en voorkoms-instruksies.
• Graad 8-inligtingsboekie
• Graad 8-atletiekbyeenkoms
• Graad 8-swemgala
• Graad 8-spanbou
• Graad 8-oueraand en sosiale funksie
• Groentjiekonsert
• Eers na afloop van die groentjiekonsert mag leerders hulle volwaardige amptelike Montana skooldrag dra en kan die laerskoolkouse, wat tot nou toe deel was van hul skooldrag, weggegooi word.
Nou is die nuwe graad 8’s volwaardige Monties wat gereed is om die akademie, sport en kultuur met ywer aan te pak.
Elke graad 8-leerder ontvang 'n gratis Montiehemp vanaf die Beheerliggaam.
Die nuwe tradisies in die hoërskool (onder andere die Montie Tydkapsule en Montie Eresirkel waar slegs graad 8’s slotte mag aanhaak), laat elkeen spesiaal voel. Dis L-E-K-K-E-R om ‘n Montie te wees!